Monday, February 18, 2008

Op heterdaad betrap

Soos dit 'n klein hondjie betaam is hy stout...BAIE stout!!! Hy wil aan alles knaag, hap, lek en ruik. McGyver het 'n fantasie met blare en gras. Hy sal daardie harde blare in die huis inbring en in kleeeiiin stukkies breek. Maar ai, hy weet so goed as hy stout was en trek daardie oortjies plat teen sy kop en hoe kan 'n mens dan kwaad wees??!.
Saterdag oggend terwyl ek besig was om huis skoon te maak en WP in tuin is Meneertjie op heterdaad betrap aan't stout doen...die foto se als!!!En die middag het hy sy roes lê en afslaap...

2 comments:

Natasja said...

Ag, daai ou stout gesiggie! En op die laaste foto lyk dit of hy glimlag! Wonder wat het hy gedroom... seker hoe hy met plat oortjies en groot oë sy base om sy pinkie (pootjie) kan draai ;-)

Suzaan said...

En draai hy nie sy base om sy pinkie(pootjie) nie.Hy droom nogal gereeld en dan maak hy sulke fyn tjank geluidjies. Wonder altyd wat gaan deur hulle gedagtes, maar al is hy stout is hy ons kind in die huis!!