Ja nee, dis alweer amper meer as 'n maand wat ek laas geskryf het. Dit gaan maar bedrywig met al die finale troureelings. Tussen my en my ma is daar al gebel, gesms, gereel en ge-besluit...
Ek het nog net 1daggie oor van werk dan is ek op VAKANSIE!!! Volgende week gaan 'n mal week wees om alles finaal reg te kry en te reel. Soes land Maandag middag 20 oor 4 met die Translux bus van Namibie. Sien verskriklik uit om haar te sien en te kuier.
Die afgelope maand is ek ook 2 kombuistee's deur, 1 op Robertson en 1 in die Kaap vir die familie en het 'n vermoede daar is nog een oppad. 2 bokse staan al gepak in die huis net met al die kombuistee geskenke, waar die trougeskenke heen weet ek nie.
Het nog nie veel verder gevorder met die huis, wag vir die Munisipaliteit vir onderverdeling van erf. En die eienaar by wie ons koop sit in China wat baie help. Hopelik as ons terugkeer van wittebrood sal ons bietjie meer weet en sal ek julle op hoogte hou van sake.
Wel, tot na die troue...koebaai
Thursday, August 16, 2007
Subscribe to:
Posts (Atom)



