Thursday, November 27, 2008

Projek van die naweek

Ek het Sondag bietjie van my kreatiewe sy gebruik en 'n boks projek aangepak. Daar is geverf en geplak en mooi gemaak.

En die eindresultaat is ek baie trots op!!

Bokse om al die los dingetjies weg te bêre en sodat dit nie rondlê in die spaarkamer nie... En die beste van als is dat ek nie 'n sent uitgegee het nie...

Behalwe die pare skoene wat gekoop is om die bokse te kry..hehe

My helper van die dag, maar eintlik is daar maar net gelê en sleg wees..

Nog vloed foto's

Nog foto's van die vloede op Robertson. Dit is geneem die naweek na al die groot reëns maar die paaie het maar nog sleg gelyk.



Die boom is uitgeruk uit die grond - dit is die pad soos jy Robertson inkom van Worcester

Dit was 'n teerpad hieronder






Wednesday, November 26, 2008

Meegevoel


Dit is met hartseer dat ons gister verneem het dat die eienaar van ons hotel (Arabella Western Cape Hotel & Spa), Mr Stefan Schorghuber gister in sy huis in Munich, Duitsland gesterf het aan 'n hartaanval. Hy was maar 47 jaar oud en laat sy vrou en 3 kinders agter.

Ons het vanoggend 'n minuut stilte saam met die Kaapse hotel sowel as ondernemings in Duitsland gehou. Hy was 'n bekende man in Duitsland en as die 307ste rykste man op Forbes se lys van "Riches people in the world" vernoem. 'n Geskatte waarde van sy rykdom beloop $3,5 biljoen.

Hier die pers vrystelling van sy onderneming:

Schörghuber Corporate Group mourns Stefan Schörghuber

Stefan Schörghuber died suddenly and unexpectedly in the night of November 24-25, 2008.

Munich, November 25, 2008. Stefan Schörghuber, Chairman of the Executive Board of the Schörghuber Corporate Group, died suddenly and unexpectedly in the night of November 24-25, 2008 in his house in Munich. He was only 47 years old.

Stefan Schörghuber had managed the group from 1995 to the present day in the capacity of sole shareholder and Chairman of the Executive Board. At the age of 34, he had taken over the management of the company from his father, its founder Josef Schörghuber. During his time at the helm, he rearranged the activities of the corporate group into a clear organizational structure, prepared it for the challenges of the future through international partnerships in the hotel and beverages sector and created essential impulses for growth with countless path-breaking projects.

In a statement given to the 6,300 employees of the corporate group this morning, Head of Financial Affairs Hans-Peter Hoh said: "His death is an overwhelming loss for each and every one of us and for our corporate group as a whole. In Stefan Schörghuber, we have lost an exceptionally responsible person, a far-sighted and visionary entrepreneur who guided the fortunes of his company with a great sense of duty. In this dark hour, our deepest sympathy goes out to Mrs. Schörghuber and her children."

About Schörghuber Unternehmensgruppe
Founded in 1954 in Munich, the Schörghuber Corporate Group is involved in a number of different areas of business both in Germany and abroad. Although the Group's four business divisions - Hotels, Aircraft Leasing, Beverages, Real Estate & Construction - offer a wide variety of different products and services, they all have the same objective: providing more service, more comfort, more innovative technology, and thus a better quality of life for our customers. An objective that we fulfill with the support of approximately 6000 employees. www.schoerghuber-unternehmensgruppe.de.

Monday, November 24, 2008

Gedagte vir die dag


Gedagte vir die dag:
"Mans is soos winkelwors...selfs die bestes het 'n bietjie vark in!"

Wednesday, November 19, 2008

Robertson Vloed - 13 November 2008

Vir die van julle wat nog nie weet nie, ons het verlede week verskriklike reën gehad en 'n erge vloed in die Breërivier en Overberg distrik het ontstaan. Sekere boere het al hulle wingerd, graan en skape verloor. Dit is verskriklik om al hierdie skade te sien en kan net nie glo dat water so 'n magtige bron kan wees nie!!
Montagu Springs vakansie oord is ontruim en 80% van al die huise is of verspoel of heeltemal weggespoel. In Robertson is al die klein bruggies in die dorp verspoel en beskadig. Die foto's op Die Burger se webtuiste stroom in van al die boere en skere is nogal erg!!
Hier is 'n paar foto'tjies van Robertson wat deur WP se ouers geneem is en foto's van Montagu wat ek ontvang het.

Dit is 'n huis in die agtergrond. Hierdie oom het die mooiste tuin in Robertson en almal neem altyd hulle troufoto's in sy tuin. Maar met elke groot reens is daar water deur sy tuin en huis!!

Hierdie straatjie het ek elke dag van my lewe gery in Robertson...

Hierdie is 'n pad wat loop maar net die middel brug gedeelte het oorgebly. Die boere aan die anderkant is gestrand en moet nou 'n 4x4 roete ry om op die dorp uit te kom.

Montagu Springs vakansie oord