Wednesday, January 7, 2009

Kersdag ete

Kersdag was die hele Immelman familie by ons(my ouers se huis). 'n Hele 25 van ons - die familie raak nou groot want al die niggies en nefies begin nou boyfriends en girlfriends kry of trou. En dan praat ek nie van die kleinkinders wat begin nie...

Maar dit was 'n heerlike dag vol lag en gesels en om al die ou nuus op te vang. Familie het so ver gekom van Durban af(Dankie JP!). Op die spyskaart was kouevleis en slaaie maar daar moes darem 'n warm hoenderpastei ook wees!

Ek en my ma het al Oukersdag die tafels gedek - net die "grootmense" het plek by 'n tafel gekry

Die slaaie: Aartappelslaai, die HEERLIKSTE hoenderslaai, beet, wortel&kool slaai en slaphakskeentjies. Die stokslaai (hieronder) het ek en WP gemaak!!

Die poedingtafel..mmm

Zene het die Barney by Tannie Suzaan gekry en die groot lappop langs haar van Ouma Alida

Oumagrootjie met Zene


Mamma en Zene

WP het met haar in die water gespeel - sy het dit verskriklik geniet!!

Al die vrouens van die dag!!!

En die mans....

2 broers en ma: Oom Frans, Ouma Dalena en my pa

Die 4 Immelman kinders - ons kon nie 'n stil foto kry waar hulle nie almal gelyk praat!!!!


Die Immelman's met al die ''aangenaaide lappe" soos my ouma sê

Die 4 bloedniggies saam met ouma: Ekke, Danelle, Ouma, Rozelle en Carliza

Al die niggies en nefies saam met ouma

Al die niggies en nefies met elkeen se ''aangenaaide lap" - kyk vir Zene op my broer se skoot!!

Die 5 bloedneefs - Ouma was heel verspot en afgegly tot op die mat...en sy het self weer opgestaan!!!


Oukersaand = Geskenke!!

Elke jaar word daar gesê dat volgende jaar moet daar minder persente onder die boom wees, maar elke jaar is dit maar net dieselfde storie...persente, persente en nogmaals persente!! Maar 'n Kersboom kan mos nie sy ware kleure wys as dit nie toegepak is onder die pakkies nie. En hierdie jaar was dit weer so! Neem in ag dat hierdie persente is slegs vir 10 mense....



Hulle sê mos ou mense is net soos kinders, en ai hoe waar is dit darem nie. My ouma het al van 8uur die aand gevra wanneer gaan ons dan onder die boom sit en pakkies uitdeel? En toe die pakkies uitgedeel word, word daar nie gewag nie en skeer sy sommer dadelik haar pakkies oop van nuuskierigheid. Sy was meer opgewonde as my niggies oor haar persente!!Ek kan nou nie lekker onthou hoekom my ma so lekker gelag het nie maar dink dit was vir my ouma..