Verlede week in ons plaaslike advertensieblad "Die Soekertjie" is die storie van Sint Valentyn vertel deur Anton F Prinsloo:
Terwyl ons weet dat Johanna van Arkel minstens bestaan het, weet ons ook
dat Sint Valentyn niks met Valentynsdag te make gehad het nie. In antieke Rome
het die Romeine op die 15de Februarie die fees van die Lupercalia gevier. Die
Lupercal was die grot waar die wolfin die tweeling Romulus en Remus grootgemaak
het - waarskynlik nog 'n versinsel wat as feit aan ons voorgesit is. Die
Lupercalia was hoofsaaklik 'n reinigingsfees, maar vroue wat graag kinders wou
hê, het die wens dan daar uitgespreek, in die hoop dat hulle dan met babas
geseën sou word.
Hierdie weergawe is die van 'n beskeie en baie beleefde bron. Ander bronne
noem die kind by die naam. Die Romeine was van die eerste volke wat
produktiwiteit hoog aangeslaan het. Op die 15de Februarie, die dag van die
Lupercalia, is al die ongetroude maar hubare vroue se name in 'n kruik gegooi en
die mans het lootjies getrek vir hulle. Toe die seremonie oorgewaai het Engeland
toe, het die Engelse Kerk bevind dat dit darem te dik vir 'n ghienie was om
vroue so uit te loot. Hulle het die fees toe afgewater tot die oor en weer stuur
van liefdesbriewe op 'n tyd van die jaar dat die voëls vermoedelik ook begin
paar het. Ongelukkig was daar geen heilige op daardie tydstip wat op 15
Februarie gebore is nie, en die fees is toe een dag teruggeskuif na die 14de
Februarie, waar dit heel gelukkig met die geboortedae van twee Sinte Valentyn
verbind kon word.
Hopelik maak Valentynsdag vir julle nou meer sin... Geniet die dag en hoop julle kry sommer hope liefde en verrassings!!!!




No comments:
Post a Comment