Saturday, August 30, 2008

Huurder moles

Soos ek ons huurder van ons huisie in Robertson geprys het elke maand omdat hy al die 25ste sy huur betaal, het ons nie 'n leka oproep die 29ste Augustus gekry nie..Hy stuur al vir ons "please call me's" van die vorige week maar elke keer as ek hom dan bel is sy foon af.

Die Saterdag-oggend (die dag van ons trek ook nog) stuur Ellroy weer vir my 'n Please call me. Toe ek hom bel kan ek sommer hoor hier kom moeilikheid. Hy wil toe net vir my laat weet dat hy nie die maand se huur kan betaal nie, want hy het nou nie gewerk die maand nie. Hy sal dit afbetaal, maar hoe dink hy maak hy vlg maand?? WP is natuurlik woedend en op die foon met Ellroy nadat ek met hom gepraat het. Hy sê toe vir hom hy gaan hom kom sien.

WP is toe die middag daar weg, ek alleen met 'n DEURMEKAAR NUWE HUIS! om vir Ellroy te gaan sien. Hy is toe op Worcester, en WP ry tot daar. WP het ook die briljante plan om hom by die polisiestasie te ontmoet. In sy kontrak staan dat ons hom soos in onmiddellik kan uitsit as hy nie die huur kan betaal nie.

WP skryf toe 'n brief dat hy die 30ste(die vlg dag) 10:00 uit die huis moet wees. Die konstabel onderteken die brief sowel as Ellroy. WP slaap die aand by sy ouers op Robertson sodat hy daar kan wees die vlg dag. Mnr Ellroy daag mos eers half11 daar op. Toe moes hulle nog die meubels verwyder. Terwyl WP daar wag kom kla al die bure ook nog oor hulle wat raas en tekere gaan in die oggendure!!

Ons huis is so beskadig - vensters is gebreek, ligte is sommer uit die dak geruk, deurknippe is af ens ens...Ook maar net so goed dit het nou gebeur anders sou ons nooit geweet het wat daar by die huis aangaan nie. Hy wil toe ook sy deposito terughê?! Watter regdenkende mens vra vir sy deposito nadat ek nou sonder 'n huurder sit en al die beskadigings aan ons huis.

Op die uiteinde is hy daar uit - WP so 3uur die middag terug op Caledon en 4uur bel Robertson polisiestasie vir hom. Daar is nou 'n meneer Ellroy Andries wat hom wil aankla van diefstal. Ons het sy deposito gesteel..wat 'n grap!!

Om die lang storie kort te maak, ons het nooit die deposito betaal nie(nadat hy weer in die week gebel het en ek dit vir hom uitgespel het dat ek dit nie gaan betaal nie) - en het nou 'n bitter oulike huurder gekry sommer binne 'n week..Dankie tog!!

..In elke huis is daar 'n kruis..

Ons trek na Joubertstraat 18a

Soos reeds vroeër genoem, ons het weereens getrek!! Hierdie keer behoort ons darem vir 'n hele lang tyd hier te bly.

Die naweek wat ons getrek het, was die grootste storms in die Kaap!! Ons sou eers die 1ste September kon in wat op die Sondag geval het, maar die persoon wat toe in die huis was besluit toe om die Vrydag al uit te trek want gesien hier kom groot reens. Genadiglik tog!! Ons het 'n lorrie gereël gekry vir die Vrydag-aand en al die groot goed gelaai!! Die Saterdag moes ons net nog kleiner items vat en toe ons die laaste items in die huis laai begin die groot reënbui uitsak. Ons was dus baie gelukkig!!

McGyver het ook gehelp met die inpak en oplaai - of so het hy gedink...

Tuesday, August 26, 2008

Zene - Ons eet purity!

Ons het die naweek van die 1ste Augustus middagete by Zene gaan eet. Sy is toe heerlik aan die Purity eet (maar dink meer Purity het buite die mond beland!)
En soos die gesegde sê: Magies vol, ogies toe....

Monday, August 25, 2008

1 Jaar

Vandag is my en WP se 1 jaar huweliksherdenking..wel vir my is dit eintlik onwerklik dat 'n hele jaar al verby is na die beste dag in my lewe!!

Skat, baie dankie vir alles wat jy vir my beteken het die afgelope jaar. Al die liefde, omgee, drukkies en koppies koffie...ek is so baie lief vir jou!!!

Thursday, August 21, 2008

Nommer 6

Hopelik is 6 vir my 'n gelukkige nommer want dit is die aantal kere wat ek al getrek het vandat ek terug is in SA begin 2006...

Oor 'n maand sal dit dan die 6de keer wees wat ek moet inpak, uitpak, wegpak en regpak. Jip, julle het reg geraai..Ons trek alweer!!!!

Ons het 'n oulike huisie gekry met 'n motorhuis en 'n toe erf vir McGyver. Die huis wat ons huidig in bly is te groot vir ons en daar is geen motorhuis vir WP om in te werk nie. Hy frustreer hom dood in die aande van verveligheid. En McGyver loop rond...

So nou is dit weer bokse in die hande kry, koerantpapier versamel en PAK..ugh...

Friday, August 8, 2008

Tuinskoonmaak in Caledon

Ons het nou al 'n gewoonte gemaak daarvan om waar ons by 'n huis intrek om die tuin pragtig te maak en net soos dit volgens ons smaak is trek ons.... Wel, WP het begin tuinskoonmaak op Caledon - bitter baie bome afgesny so dat die tannie wie se huis dit is vir 'n week nie met ons gepraat het nie!!! Sy was bitter kwaad vir ons, maar jissie in hierdie moeras kon ons nie verder bly nie.

En die snaakste van als...ons soek alweer huis...





En na al ons harde werk die dag braai WP vir ons 'n vleisie in die kaggel!!

Thursday, August 7, 2008

Greyton uitstappie - 13 Julie 2008

Ons het sommer 'n Sondagmiddag saam met Gideon en Chandre en die 2 kinders Greyton toe gery en lekker by 'n koffiewinkel (1 van die 35!!) ietsie gaan drink.


Greyton word genoem die "Jewel of the Overberg" met sy grondpaaie, 'n koffiewinkel om elke hoek en draai en kunstenaars wat die strate vol loop is dit die perfekte Sondag-middag wegbreek..


Ons het spesiaal hierdie stoel vir WP uitgesoek, maar hy het nie te gelukkig gelyk nie...

Die koffiewinkel/pub - Oak & Vigne

Zene se doop - 6 Julie 2008

Sommer 'n paar foto'tjies van Zene se doop. Dit was die nat en koudste dag seker nog van hierdie winter.

Die Immelman-familie het ook groot geskrik..daar is 4 baba'tjies gedoop die oggend. Toe die dominee se die baba'tjies kan maar uitkom, kom 3 uit maar nie Zene nie...En ons wag, en ons wag dat ons hele familie later begin kriewelrig raak. Na seker so 5minute(wat 5ure gevoel het) kom Anelma se suster met Zene inge"hardloop". Anelma se bediende, Portia, was ook agter in die babakamer en was besig om doek om te ruil net op die oomblik toe die dominee sê die baba'tjies kan maar inkom. En toe het hulle nog kouse ook om aan te trek wat 'n groot gesukkel afgegee het...Na die tyd kon ons net lag!!


Die doopkoek wat Ouma Immelman laat maak het

Ouma Sannie (of is dit nou Ouma-grootjie Sannie)

Ouma Dalena van Ceres (Ouma Grootjie)

Oupa en Ouma Immelman

Tannie Suzaan

Pa en Ma met die Prinses!

Ons speel model op ouma se bed!

WP se dinge

WP is baie trots op die masjiene wat hy deesdae op werk en wat hy al reggekry en geleer het by Overberg Agri. Hierdie is 'n nuwe masjien wat hulle ingevoer het van Kanada en moes alles aanmekaar sit. Hulle noem dit 'n MacDon, of 'n platsnyer. Dit sny blykbaar die graan af voordat die stroper verbykom en stroop...

Dis hoe die masjiene in Suid-Afrika aankom in die containers.

En dis hoe dit lyk nadat my man dit aanmekaar gesit het...

McGyver se manewalese

Pa en seun slaap tog te lekker..bederf as jy my vra...
Met die trek na Caledon was McGyver eerste in Ouma se rooi merc om saam te ry!!
Hy dink hy kan die beeste aanvat, daardie beentjies staan so krom van aanval en blaf..Was nog op die plaas waar ons tydelik gebly het
Ma&Pa koop vir seun 'n dummie...
Is hy nie oulik nie?