Hallo almal,
Ek was soo lanklaas op die blog want tussen besluite oor London, troureelings en huiskoop gaan dit maar dol. Ja nee, die London ding het maar verskriklik aan my en WP geknaag. Ons het nou rustigheid gekry en WP tot besluit gekom dat hy eers sy studies wil klaar maak waaroor ek baie bly is. So ja, SA sal maar ons land bly!!!
Verder het ons vandag ons amptelike dokumente dan ingegee vir 'n huisie hier op Robertson. Dit het ook eintlik vreeslik vinnig gebeur maar so 'n "bargain" sal 'n mens nie sommer weer los slaan.2weke terug is hy geadverteer in ons plaaslike weeklikse advertensie blad "Die Soekertjie". Dis 'n nuut gerestoureerde huis oftewel hy moet nog gerestoureer word. Ek bel toe eers laasweek om te hoor in watter area hierdie huis sit, want met die prys wat hulle dit geadverteer het kon ons net dink dit sit in 'n "gagga" area. Maar nee, dit is perfek!!!
Donderdag-aand het ons na die huisie gaan kyk.Hy is nog in 'n vreeslike toestand en die huurders wat nou daar in is ja wel...wil nie veel verder se nie. Die eienaar is so skaam vir die huis dat ons letterlik daardeur gehardloop het net om uit te kom.Duiwe hokke in agterplaas...Ons gaan sit en gesels toe rustig met hom in Saddles. Hy gaan die hele huis oordoen en okkupasie sal 1Desember wees op hierdie stadium. En die beste van als!!!Ons kies alles wat in huis kom.
Ek en WP het die naweek nie 'n oog toegemaak nie en ek het ons finansies met 'n fyn oog bekyk en in alle rigtings probeer swaai. Gister bevestig dat ons koopkontrak gaan teken en vanoggend is al die dokumentasie in vir verband. Met die nuwe kredietwet is dit mos maar moeilik vanaf 1 Junie, so julle moet asb op julle kniee gaan. Alles dui daarop dat dit my en WP se huisie is!!Die eienaar het 'n offer van R50 000 meer gekry die naweek maar hy nee gese omdat ons eerste opsie het.
So hierdie blog gaan nou 'n lekker verhaal word van ons sages en intriges met huis koop!!
Geniet!
Tuesday, June 26, 2007
Subscribe to:
Posts (Atom)



