Friday, July 6, 2007

Ek word tannie!

Vanoggend die blye nuus gekry dat ek tannie word..ja nee, na net 8 maande se getroude lewe verwag my broer en skoonsus 'n klein ding. Sy is maar 6weke ver, so die dingetjie bestaan seker nog nie eers..

Baie geluk Boeta!!

Thursday, July 5, 2007

Ons het 'n huis!!!

Ai julle soos 'n ou gesegde sal se

"my hart pomp nou custard".

Ek het vanmiddag gehoor dat ons lening goedgekeur is vir ons huisie. Hulle moet nog die huis gaan waardeer, maar hopelik loop dit alles goed af. Dit is sooo 'n groot verligting en nou kan ek en WP net begin aan beplan wat ons alles wil he. Hulle het ons aansoek ingedien by 4 banke en nog net FNB het teruggekom om te se hul
het ons goedgekeur..alhoewel al my en WP se bankgoed by ABSA is.
Maar nou is die spanning verby en het ons oor 'n paar maande ons eie plekkie!!

Hartsake..



Ek weet dit lyk "gross" soos party mense sal se maar 'n mens besef nie elke dag hoe belangrik hierdie stukkie "gross" is nie...tot 'n mens weer 'n skok kry soos ek die naweek.

Ons was Sondag heel rustig by die huis en middagete by die skoonouers gaan eet. Aan tafel lui my foon en dis my ma. Ek vra nog of sy my kan terugbel omdat ons besig is om te eet toe ek die nuus kry.My pa is in ICU opgeneem Sondag-oggend met pyne op die bors en agter die blad. Hy was besig om swembad skoon te maak toe hy nie te lekker voel nie en vir my ma se sy dink hulle moet maar dokter toe. Ek en WP is in die bakkie en opad Kaap toe. Was so 4uur in die Kaap en sommer dadelik hospitaal toe. My pa lyk eintlik heel goed, maar weet nog nie presies wat fout. Ons is so half 8 weer terug R/son toe.

Maandag is die dokter by my pa en se hy moet gaan vir 'n angiogram.

An angiogram is an imaging test that uses x-rays to view your body’s blood
vessels. Physicians often use this test to study narrow, blocked, enlarged, or
malformed arteries in many parts of your body, including your brain, heart,
abdomen, and legs. To create the
x-ray images, your physician will inject a liquid, sometimes called "dye",
through a thin, flexible tube, called a catheter. He or she threads the catheter
into the desired artery or vein from an access point. The access point is
usually in your groin but it can also be in your arm. This "dye", properly
called contrast, makes the blood flowing inside the blood vessels visible on an
x-ray. The contrast is later eliminated from your body through your kidneys and
your urine.

Daar is toe 'n verstopte aar en hulle het toe 'n "spring" ingesit. As dit nie gewerk het nie sou dit 'n hartomlyning moes wees. Alles het goed afgeloop en my pa dinsdag alweer ontslaan. Dit gaan goed, net nog moeg en pot blou van al die naalde. Maar hy moet dit maar stadig vat en sal nie meer kan werk van 6 tot 6...

So bly my pappa ok!!