Tuesday, October 16, 2007
Huis intriges
Op die oomblik is my en WP se lewe bietjie deurmekaar en omgegooi met die huis kopery. Ons het mos reeds kontrak geteken (al 4 maande terug) maar was onderworpe aan onderverdeling van die erf. Wel nou het die munisipaliteit na 4 maande besluit om die onderverdeling af te keur dws ek en WP sit sonder 'n huis. Al die maande se beplanning, drome en wensdenkery is daarmee heen. Op die oomblik lyk ons huis soos 'n "hoer se handsak" om dit nou so te stel....Die 2de slaapkamer is letterlik 'n stoorkamer en al ons kitchen tea en trougeskenke staan in bokse. Ek kan nie eers meer onthou wat ek alles gekry het nie. Het mos solank begin inpak want ons trek mos een van die dae...
Nou het ons na 'n ander huisie gaan kyk, baie oulik en baie netjies. 2slaapkamer met oopplan kombuis en leefarea. Daar is ook 'n oulike stoepie wat uitkyk op tuin. Met 'n garage. My man kan mos nie sonder sy gereedskap en garage..Maar die prys is bietjie baie meer en ons weet nie of ons dit gaan kan bekostig. Maak vanaand 'n aanbod en dan moet ons maar sien wat gebeur...
Ons hoop maar vir die beste en soos my ma vanoggend weer vir my gese het, "Alles gebeur met 'n doel"
Monday, September 17, 2007
Ons troudag - Familie & onthaal
Ons troudag - Suz
.jpg)
.jpg)
.jpg)
Thursday, August 16, 2007
Amper sulke tyd...
Ek het nog net 1daggie oor van werk dan is ek op VAKANSIE!!! Volgende week gaan 'n mal week wees om alles finaal reg te kry en te reel. Soes land Maandag middag 20 oor 4 met die Translux bus van Namibie. Sien verskriklik uit om haar te sien en te kuier.
Die afgelope maand is ek ook 2 kombuistee's deur, 1 op Robertson en 1 in die Kaap vir die familie en het 'n vermoede daar is nog een oppad. 2 bokse staan al gepak in die huis net met al die kombuistee geskenke, waar die trougeskenke heen weet ek nie.
Het nog nie veel verder gevorder met die huis, wag vir die Munisipaliteit vir onderverdeling van erf. En die eienaar by wie ons koop sit in China wat baie help. Hopelik as ons terugkeer van wittebrood sal ons bietjie meer weet en sal ek julle op hoogte hou van sake.
Wel, tot na die troue...koebaai
Friday, July 6, 2007
Ek word tannie!
Baie geluk Boeta!!
Thursday, July 5, 2007
Ons het 'n huis!!!
het teruggekom om te se hulHartsake..

Ek weet dit lyk "gross" soos party mense sal se maar 'n mens besef nie elke dag hoe belangrik hierdie stukkie "gross" is nie...tot 'n mens weer 'n skok kry soos ek die naweek.
Ons was Sondag heel rustig by die huis en middagete by die skoonouers gaan eet. Aan tafel lui my foon en dis my ma. Ek vra nog of sy my kan terugbel omdat ons besig is om te eet toe ek die nuus kry.My pa is in ICU opgeneem Sondag-oggend met pyne op die bors en agter die blad. Hy was besig om swembad skoon te maak toe hy nie te lekker voel nie en vir my ma se sy dink hulle moet maar dokter toe. Ek en WP is in die bakkie en opad Kaap toe. Was so 4uur in die Kaap en sommer dadelik hospitaal toe. My pa lyk eintlik heel goed, maar weet nog nie presies wat fout. Ons is so half 8 weer terug R/son toe.
Maandag is die dokter by my pa en se hy moet gaan vir 'n angiogram.
An angiogram is an imaging test that uses x-rays to view your body’s blood
vessels. Physicians often use this test to study narrow, blocked, enlarged, or
malformed arteries in many parts of your body, including your brain, heart,
abdomen, and legs. To create the
x-ray images, your physician will inject a liquid, sometimes called "dye",
through a thin, flexible tube, called a catheter. He or she threads the catheter
into the desired artery or vein from an access point. The access point is
usually in your groin but it can also be in your arm. This "dye", properly
called contrast, makes the blood flowing inside the blood vessels visible on an
x-ray. The contrast is later eliminated from your body through your kidneys and
your urine.Daar is toe 'n verstopte aar en hulle het toe 'n "spring" ingesit. As dit nie gewerk het nie sou dit 'n hartomlyning moes wees. Alles het goed afgeloop en my pa dinsdag alweer ontslaan. Dit gaan goed, net nog moeg en pot blou van al die naalde. Maar hy moet dit maar stadig vat en sal nie meer kan werk van 6 tot 6...
So bly my pappa ok!!
Tuesday, June 26, 2007
Huiskoop...
Ek was soo lanklaas op die blog want tussen besluite oor London, troureelings en huiskoop gaan dit maar dol. Ja nee, die London ding het maar verskriklik aan my en WP geknaag. Ons het nou rustigheid gekry en WP tot besluit gekom dat hy eers sy studies wil klaar maak waaroor ek baie bly is. So ja, SA sal maar ons land bly!!!
Verder het ons vandag ons amptelike dokumente dan ingegee vir 'n huisie hier op Robertson. Dit het ook eintlik vreeslik vinnig gebeur maar so 'n "bargain" sal 'n mens nie sommer weer los slaan.2weke terug is hy geadverteer in ons plaaslike weeklikse advertensie blad "Die Soekertjie". Dis 'n nuut gerestoureerde huis oftewel hy moet nog gerestoureer word. Ek bel toe eers laasweek om te hoor in watter area hierdie huis sit, want met die prys wat hulle dit geadverteer het kon ons net dink dit sit in 'n "gagga" area. Maar nee, dit is perfek!!!
Donderdag-aand het ons na die huisie gaan kyk.Hy is nog in 'n vreeslike toestand en die huurders wat nou daar in is ja wel...wil nie veel verder se nie. Die eienaar is so skaam vir die huis dat ons letterlik daardeur gehardloop het net om uit te kom.Duiwe hokke in agterplaas...Ons gaan sit en gesels toe rustig met hom in Saddles. Hy gaan die hele huis oordoen en okkupasie sal 1Desember wees op hierdie stadium. En die beste van als!!!Ons kies alles wat in huis kom.
Ek en WP het die naweek nie 'n oog toegemaak nie en ek het ons finansies met 'n fyn oog bekyk en in alle rigtings probeer swaai. Gister bevestig dat ons koopkontrak gaan teken en vanoggend is al die dokumentasie in vir verband. Met die nuwe kredietwet is dit mos maar moeilik vanaf 1 Junie, so julle moet asb op julle kniee gaan. Alles dui daarop dat dit my en WP se huisie is!!Die eienaar het 'n offer van R50 000 meer gekry die naweek maar hy nee gese omdat ons eerste opsie het.
So hierdie blog gaan nou 'n lekker verhaal word van ons sages en intriges met huis koop!!
Geniet!
Wednesday, May 23, 2007
Koud, kouer....BITTER koud

Ons bibber hier van die koue.....
Friday, May 18, 2007
Besluite, besluite, besluite
WP was gister vir sy paspoort en ons gaan die naweek na reisagentskap om dinge uit te kyk. Hy kan aansoek doen vir sy Working Holiday maar omdat ek alreeds myne gebruik het sal ek vir 'n Highly skilled moet aansoek doen. Daar is baie streng vereistes aan hierdie visa (http://www.ovc.co.za/sync.asp?filename=HSMP). Daar is nog nie 'n woord gerep oor hierdie moontlike besluit aan albei ouerpare so dis nog 'n berg wat voorle....
Ek het 'n vriendin wat saam met my in London was gevra wat sy sou doen en hier is haar antwoord..Dankie Carla..
1. Ek sal dit definitief oorweeg om weer oorsee te gaan werk (veral met die huidige toestand van die land). Maar ek sal persoonlik nie weer terug gaan Londen toe nie as ek die opsie het om na 'n plek soos Amerika of Australie te kan gaan. Maar ek verstaan dat WP nog nie daar was nie en dat jy vir hom wil gaan wys waar jy gewerk en gebly het.
2. Hoe lank wil julle gaan? Sien jy kans om werksgeleenthede in SA op te offer vir geld en toere. Persoonlik is ek baie gelukkiger in SA met die werk wat ek doen, en voel ek of daar meer purpose in my lewe is, meer gefokus en gedrewe. In Londen het ek maar mind-numbing werk gedoen, iets wat ek definitief nie weer sal doen nie!
3. En dan weet jy ook self hoe moeilik dit partykeer is vir plattelandse manne om in 'n plek soos Londen aan te pas. Kyk na Johan, hy was die perfekte voorbeeld. Die eerste 3 maande is lekker en exciting en dan begin hulle ruimte soek. Miskien moet julle dink aan 'n Skotland of plekke soos waar Karen gebly het, weg van Londen se middestad.
4. Ek is gesettle, goeie werk, lekker huisie, naby my ma-hulle, al my vriende, so vir my sal dit nou moeilik wees om weer op te pak en weg te kom net om weer oor 2 jr terug te kom en van vooraf te begin. Ek dink as ek en Philip sou oorgaan (en ons het al daaroor gepraat) sal dit verewig wees.
5. Vir my gaan dit ook oor my ma-hulle, ek kan sien hoe hulle ook elke dag ouer word en dis nou die tye wat ek die lekkerste saam met hulle kuier en wat vir my die kosbaarste is. Sal vir my moeilik wees om dit op te offer.
6. Jy weet daar is nie iets soos vinning geld maak nie, selfs in Londen. Julle sal ten minste 2 of selfs meer jare daar moet bly om dit die moeite werd te maak.Bid asb saam met my en WP dat ons regtig die regte besluit sal maak...
Wednesday, May 9, 2007
Money makes the world go round
Waar gaan dit eindig?? Ek en WP staan op 'n punt in ons lewe wat ons moet besluit wat volgende. Gaan ons aan karring soos nou en net lewe van maand tot maand of gaan ons die groot stap neem om London toe te gaan om geld te gaan "maak". Hierdie is ook 'n ou gesegde siende dat ek reeds 2jaar daar was en ook gegaan het met die idee dat ek gaan geld "maak". En toe die toergogga byt is die koeel deur die kerk....
Bid asb saam met my en WP sodat ons die regte besluite sal maak en nie oorhaastig in 'n ding sal inhaas nie..
.jpg)
.jpg)
.jpg)
.jpg)
.jpg)
.jpg)
.jpg)
.jpg)
.jpg)
.jpg)
.jpg)
.jpg)



