Tuesday, January 29, 2008

'n Toevoeging tot ons gesin

WP was van Vrydag af baie geheimsinnig...eers is hy Vrydag-aand na Esther ('n vriendin van ons) want hy reel blykbaar 'n verrassing vir my. Saterdag-middag is hy weer na Esther toe. Ek verjaar mos volgende week...


Ons het Saterdag-aand sommer 'n klein "housewarming" gehad met 'n paar pelle. WP se toe dat dit iets vir die huis is wat ek Saterdag-aand sal kry.


Esther kom toe daar aan met die nuutste toevoeging tot ons huisgesin...Die pics se alles!!!




Sy naam is McGyver en was Saterdag 6wke oud. Hy's 'n worsie (maar daar is iewers 'n kruising)..Ek en hy was gister veearts toe om al sy nodige inspuitings te kry. Dis 'n baie oulike veearts en kan sommer sien hy is baie lief vir diere.

Hy hou ons baie uit die slaap want WP het hom al lekker bederf. Hy word nou deur die dag in die kombuis toe gesluit, maar ek dink hy maak die bure mal want toe ek gister by die huis kom hoor ek hom al tjank vanuit die kar. Maar hy moet maar gewoond raak aan alleen wees deur die dag!!

So ons heet vir McGyver welkom in ons huis (en op ons blog)

Ons huis - Foto's

Hier is die langverwagte foto's van ons huisie..Hoop julle sal 'n redelike idee kan kry van hoe dit lyk.

Ons huisie - dis die "agterkant" van die huis.
Die voordeur sit aan die anderkant.
Ons kamer - Die Hoofslaapkamer
Die kaste is baie lekker - kan alle onverwenste dinge daarin pak!!
Die spaarkamer
Die badkamer - daar is ongelukkig nie 'n stort nie wat nie baie lekker is nie. Ons spaar maar nou geldjies om die badkamer sommer heeltemal oor te doen.
Die kombuis van een hoek
En van die anderkant...
Die TV/eetkamer - dis sommer alles in een...
Die tuin - dis gisteraand geneem toe dit al lekker donker was so kan nie eintlik baie sien. Wil eintlik nog nie dit wys want nog baie deurmekaar. Het Saterdag 'n tuinjong gehad maar hy het net aan die voorkant skoon gemaak.

Die nageslag

Hierdie is vir my so mooi..al is Anelma nou nie Bloedfamilie nie, hier is die nageslag...

Oumagrootjie ("to be" - my ouma) , mamma en kleintjie (in die maag)
Ouma ("to be" - my ma) , mamma en kleintjie

Friday, January 25, 2008

Ek word amper tannie...

Soos al voorheen geskryf, my skoonsussie en boeta verwag mos 'n kleinding een van die dae. Anelma se tyd is 23 Februarie, maar sy gaan vir 'n keiser so die dokter het gese dat dit hier by die 16de rond kan wees. Verlede nwk(19 Jan) het ons vir haar 'n ooievaarstee gereel, of altans haar suster het.

Dit was by my ma'le se huis gehou. 'n Oggend tee..



Daar was oor die 25gaste en Anelma was verskriklik verras. My broer het maar geswoeg en sweet om dit 'n geheim te hou want 'n mens begin mos maar wonder hier nader aan die tyd.





Hulle het vir haar die oulikste hempie gemaak wat sy moes aantrek. Elke gas moes ook 'n baba foto van haarself op haar pakkie sit en Anelma moes raai wie dit is. Dit was nogal baie snaaks om almal se foto's te sien.

Sy het ook 'n pop gehad wat baie hard gehuil het en die heeltyd se "Pappa", "Mamma"..met ogies wat knip en die mondjie wat preul




Die pop raak so irriterend, en wat doen Anelma....Sy haal die batterye uit!! Hoop nie sy dink sy kan dit doen met haar regte baba nie.







Sy het verskriklik baie klere gekry, ek weet nie of die kleintjie ooit al die klere gaan kan dra nie. En alles pienk, ons hoop nie daar dop 'n seuntjie uit nie.. Maar die mooiste goed!!!

Wel nog 'n maand om te wag vir kleinding en die hele familie is al baie opgewonde oor die 1ste kleinding!!!









Thursday, January 24, 2008

Die mooiste sonsondergang

Ek het die mooiste sonsondergang afgeneem van my ma'le se stoep in die Kaap. Die berg is sigself baie mooi maar my pa het van agter die huis gehardloop gekom en geskree:

"Sussie sussie kyk die son"..

Ek natuurlik dadelik my kamera gegryp(dit is mos maar altyd baie naby) en dit is wat anderkant die lens uitgekom het..













Foto's van ons trek

Eers wil ek vir Gert BAIE DANKIE se dat hy my so mooi gehelp het om my foto's kleiner te maak sodat ek dit kan oplaai... Dit was nou regtig "Help for dummies", so mooi stap vir stap het hy vir my verduidelik..Dankie Gert!!!


Hier 'n paar pics van ons trek




Die nou moet ons eers bietjie rus. Oom Christie, die omie wat onder ons gebly het, het die meubels opgepas op die sypaadjie terwyl ons solank die ander goed weggevat het. WP se pa (in blou) moes ook eers net 'n blaas kans vat vir die hitte!!

Wednesday, January 23, 2008

Kersfees foto's







"Kersvader" gee vir Albert sy geskenk...











Ons kersgeskenke van skoonouers


Graaf en vurk vir die tuin...











Kersvader het die dogtertjies in die straat bang gemaak en hulle het vir 'n fale geklou aan haar pappa..
(WP se ouers se bure se seun en dogtertjie)






Kersvader het te veel koekies en melk gehad...










Ons kos waaraan ons weggele het...












Die Louw's..


































































































































Ons trek - UITEINDELIK!!!

Was dit nou 'n blye dag in my en WP se lewens - dat ons uiteindelik kan trek in ons nuwe huis. Kortliks wil ek net vertel watter affere dit was om tot hierdie dag te kom...

Ons het mos toe Huis nr 2 gekry, moes 'n klein deposito inbetaal waarvoor ek en WP bitter hard gespaar het die afgelope 3maande. (En nou niks van oor het nie)...Die huis is toe die 7de Desember op ons naam geregistreer. Baie opgewonde sms ons die tannie wat in die huis bly om te vra of ons vroeer kan intrek as die einde van die maand.
Sy was net 'n huurder en sy kom in die plek waar ons gebly het dws ons "swop" net.
Ons wil toe die naweek van die 16de Des trek, dis 'n langnwk so lekker tydjie om uit te pak en in te settle. Maar dink julle die tannie wil trek nadat sy op 2 geleenthede vir WP en sy pa gese het dat ons moet net se as ons wil intrek. Om 'n laaaaang storie kort te maak, en baie trane en harde woorde later het ons by prokureurs gaan draai om haar uit die huis te kry. Die wet was ongelukkig nie aan ons kant nie(sy het 2mnde huurkontrak wat haar beskerm) en was sy aspris en trek toe op die oujaar!!!

Ons het al 6uur die oggend opgestaan om die laaste dingetjies gepak te kry, want soos ons uit moet die tannie weer in. Dit was 'n bitter warm dag en het liters koeldrank uit gedrink. 10uur was ons heeltemal uit die huis en darem al by die nuwe huis. Maar mens, moes ons skoonmaak..sy het 'n bediende gehad wat die huis "kamstig" die oggend skoongemaak het maar toe ons daar kom staan en was jy ruite. Die rooi stof en geel vlekke moes ons met skropborsels uitwas en afwas!!!

Die eerste ding wat my ma gese het was dat ek my bed moet opmaak en dit het ek ook gedoen. Ek moet baie dankie se vir skoonouers wat vir ons soooo gehelp het die dag. My ouers kon nie daar wees nie, want mamma het mos rugoperasie gekry en kon nog nie sit nie.

Teen die aand se kant is dit nog redelik deurmekaar en het omtrent vir my die hele week gevat om alles op hulle plek te kry. Dit was sooo lekker om al die trougeskenke uit te pak en te kan sien wat ons gekry het.

Ek post later foto'tjies van ons huis..

Tuesday, January 22, 2008

Kersfees 2007

My eerste Kersfees sonder my ouers. Ja hierdie jaar is dit ons beurt by die skoonouers. Interessant hoe elkeen Kersfees op sy eie manier hou. Ons familie is gewoonlik almal saam, ouma, tannie, ooms, niggies en nefies kom almal Oukersaand en Kersdag bymekaar. Ons maak beurte jaarliks, 1 jaar is my ma'le by haar familie en die volgende by my pa se familie. Ons gaan die ook nou so doen.


Oukersaand was maar rustig en het so half 12 pakkies uitgedeel. Ons (die Immelman's) deel gewoonlik al 9uur want dan kan my klein niggie'tjies (en my ma) dit nie meer hou nie. WP was Kersvader en homself vermaak!!Dit was net 5 van ons (WP se ouers, boetie en ons 2) so die pakkies uitdeel het maar vinnig gegaan. Ons het 'n tuin graaf en vurk gekry vir ons nuwe huis met tuinhandskoene. Nou moet ek net die groenvingers kry vir die tuin..


Kersoggend is ons kerk toe en na die tyd het WP bietjie die ou tannies in die straat vermaak met ons Kersvader pak. Hy het ook klein dogtertjies laat huil...
Die middagete het ons natuurlik onsself weer oortref met ooreet, ons het kouevleis en slaai gehad met triffle vir nagereg. (Dit wyk darem nie te veel af van hoe ons dit doen).. Kersdag het gereen en gereen en gereen so dan anders as om lekker onder die kombers in te kruip en 'n middagslapie te vang. En dan wanneer jy wakker word weer te eet...

(Die werk blok my om foto's op te laai so sal op latere stadium die foto's opsit)

Nuwejaarsvoorneme

Hiermee maak ek my nuwejaarsvoorneme vir 2008:

En dit is....

Om ons blog meer op datum te hou met al die nuutste gebeure, skinder, hartseer en geluk in ons lewens vorentoe...Geniet daarmee dan my eerste paar post's vir die jaar.

Lekker lees