Julle sal almal seker wonder hoekom ek so stil is hier op die blog...wel, dis omdat ons TE bedrywig is met al die nuwe gebeure in ons lewe..
Indien van julle nog nie gehoor het nie, ons verhuis ALWEER maar hierdie keer is dit 'n bietjie verder..WP het 'n werk gekry by Overberg Agri op Caledon. 'n Pos wat hy nie kan weier nie en omdat hy sooo ongelukkig is waar hy nou is het hy maar uitgekyk vir ander werk. Hy het sy CV die 3de Maart ingestuur, was die 5de vir onderhoud en verlede Woensdag(12de) gehoor hy het die werk!!Ons het die nwk gaan verblyf soek op Caledon..but what a mission!!! Verblyf is so skaars soos hoendertande op daardie dorp, maar WP het darem nou tydelik 'n wnstl gekry.
Ek is hard op soek na werk en was Maandag al vir 'n onderhoud by Caledon Casino. Dit was heel goed, behalwe dat ek nie te goeie goed gehoor het oor die casino nie. Daar is ook 'n moontlikheid vir 'n pos by Arabella Sheraton Hotel, maar sal eers vlg week daaroor hoor.
WP begin die 1ste April en ek gaan maar vir eers agterbly hier tot ek werk het.
Wel, wou sommer vir julle inlig - sal nog foto's en dinge stuur soos al die dinge gebeur.
Wednesday, March 19, 2008
Subscribe to:
Posts (Atom)



