Monday, July 28, 2008

Zene - Doop collage

Hierdie oulike collage is deur my Tannie gemaak vir Zene se doop!!

Brandwonde

Gister het my ma'le by ons kom kuier vir die dag. Dit het verskriklik gereën en ons het beplan om te braai..reën of te not - 'n boer maak 'n plan. Ons het toe op ons stoep onder die dak gebraai.

Ek beindruk my ma'le met 'n heerlike malvapoeding met letsels wat ek nou mee moet saamleef. Die bak van die malvapoeding het heel glad verloop, maar ek maak toe die sous in die mikrogolf. Ek wag dat dit kook, en toe ek dit uit die mikrogolf uithaal en op die koue teëls sit, ontplof die hele kokende room/suiker/botter mengsel uit die mengbeker en alles oor my vingers. Ek het lanklaas so seer gehad. Gelukkig vir my was daar ys in die wasbak en as dit nie daarvoor was nie weet ek nie hoe my vingers nou sou gelyk het nie...

Op die oomblik sit ek met halwe opgeswelde rooi beblaasde vingers...nddat ek dit vir so 10minute in die ys gehad het,smeer ek toe bactroban salf aan maar oe hete dit brand dat die trane loop. Gelukkig was my ma daar om my te troos. Ons ry toe Spar toe (ek met 'n beker ys op my skoot) om Germolene salf te kry. Ek smeer nou kort-kort aan en dit verlig die brand!!

Ek wil nie weet hoe seer iemand moet kry wat brand wat veloorplantings moet kry nie, want dit is ongelooflik seer!!!

WP se 1ste boete


Saterdag het ons bietjie Hermanus toe
gery om inkopies by Pick 'n Pay te doen en WP het my
getreat met 'n Wimpy burger en chips...
Oppad huis toe was daar 'n padteken wat wys 'n mens kan slegs links draai..WP vat toe 'n kans en draai regs (daar was geen verkeer nie en ons MOES regs draai)..die volgende oomblink spring daar 'n verkeersman agter 'n boom uit en trek ons af. Hy vra toe WP se bestuurslisensie. Die het al in die maand verval maar gelukkig het WP dit al hernu maar ongelukkig het hy nie die bewys by hom om te sê dat hy dit hernu het nie. Caledon se verkeer het vir hom gesê dat hy nie daarmee hoef saam te ry nie want die verkeer scan net sy kaart in en dan kan hulle sien hy het aansoek gedoen. Wel, nie op Hermanus nie. WP kry toe sy eerste boete in sy lewe...R500 maar indien hy voor 1 September die bewys bring na Hermanus verkeer wat bewys dat hy voor Saterdag se datum aansoek gedoen het hoef hy net R200 te betaal. Hy word toe nie eers beboet vir die Regs draai ipv Links en hy het ook nie sy veiligheidsgordel gedra nie. Hy kan baie gelukkig wees die boete is so min...

Saturday, July 19, 2008

Wintertyd

Dit is wintertyd in SA en ons kry koud!!! Maar Zene en McGyver het maniere om warm te bly!!!








Monday, July 14, 2008

Skaarste

Ek wil vir al my getroue lesers omverskoning vra vir die blog droogte die afgelope tyd. Dit gaan baie besig by die werk en huis. Daar is soveel nuus en foto's om te vertel en wys dat ek nie weet waar om te begin nie. In hierdie inskrywing gaan ek maar net 'n kort update gee wat in ons lewens aangaan en dan sal die foto'tjies en vertellings volg.

Ek is al langer as 'n maand by my nuwe werk. Dit gaan heel goed, behalwe dat die boeke redelik deurmekaar is. Daar was te min personeel en daarom het alles agter geraak. Gevolgtrekking...ek is besig om van Januarie dinge op te dateer!!!
By WP se werk gaan dit ook goed, hy was so 2wke terug vir kursus op Caledon self en Malmesbury. Hy geniet dit vreeslik.
Ons is baie bly oor die besluit wat ons geneem het om Caledon toe te verhuis, alles werk net so goed uit en daarvoor kan ons net dankbaar wees want dis ons Pa daarbo wat so mooi na ons kyk.

Ons het 2 dope gehad intussen, Zene is een van hulle. Tog te dierbaar en pragtig gewees!!

Ek het laasweek nie te wel gevoel nie. Het so 3weke terug erg verkoue en brongitis gehad. Donderdag het ek so 'n pyn op my bors dat ek dit nie meer kon uithou nie. 4uur Donderdag middag is ek toe maar dokter toe, want 'n pyn op die bors speel die Immelman familie nie mee nie. My ergste verwagting(my hart) is darem toe nie bewaarheid. Ek het inflamasie in my rib kraakbeen agv die hoesery. Ek het dit al 'n paar maande wat ek die pyn op die bors kry as ek klaar geeet het maar my nie regtig daaraan gestuur nie. Ek is nou op 'n kursus cortisoon pille asook 'n slaappilletjie waaroor WP nie baie gelukkig is nie!!

Dis maar dit in die Louw huishouding - hierna sal al die lekker foto'tjies volg (hopelik binne die vlg dag of 2!!)