Het heerlik gekuier met biltong, sjokolade, chippies en eers 5uur die middag gebraai omdat dit so 'n lekker sonskyndag was. Die kinders en die honde het hulle gate uit geniet. McGyver is glads saam genooi vir die braai omdat daar 'n maatjie vir hom was. 'n 4maande oue worsie wat hom leka opdraend gegee het. Hulle het gespeel dat die tonge glads op die gras gesleep het. WP moes vir M kom bad toe ons by die huis kom!!
Chandre het vir George 'n stuk drop gegee waaroor hy mal is - en dit is die prentjie as hy kla geëet is!!
Weet nie wie dit meer geniet het op die wiel nie, WP of Christiaan??
.jpg)
.jpg)
.jpg)
.jpg)



