Tuesday, October 16, 2007

Huis intriges

Ai jong, ek is maar swak met die "blog-ding"..ek kry nie tyd om te blog en het so min kans om op die internet te kom. Al geleentheid wat ek het is tussen 1 en kwart voor 2 middagetes of as ek internet kafee toe gaan maar dan speel ek op die befaamde Facebook.

Op die oomblik is my en WP se lewe bietjie deurmekaar en omgegooi met die huis kopery. Ons het mos reeds kontrak geteken (al 4 maande terug) maar was onderworpe aan onderverdeling van die erf. Wel nou het die munisipaliteit na 4 maande besluit om die onderverdeling af te keur dws ek en WP sit sonder 'n huis. Al die maande se beplanning, drome en wensdenkery is daarmee heen. Op die oomblik lyk ons huis soos 'n "hoer se handsak" om dit nou so te stel....Die 2de slaapkamer is letterlik 'n stoorkamer en al ons kitchen tea en trougeskenke staan in bokse. Ek kan nie eers meer onthou wat ek alles gekry het nie. Het mos solank begin inpak want ons trek mos een van die dae...

Nou het ons na 'n ander huisie gaan kyk, baie oulik en baie netjies. 2slaapkamer met oopplan kombuis en leefarea. Daar is ook 'n oulike stoepie wat uitkyk op tuin. Met 'n garage. My man kan mos nie sonder sy gereedskap en garage..Maar die prys is bietjie baie meer en ons weet nie of ons dit gaan kan bekostig. Maak vanaand 'n aanbod en dan moet ons maar sien wat gebeur...

Ons hoop maar vir die beste en soos my ma vanoggend weer vir my gese het, "Alles gebeur met 'n doel"