Wednesday, February 6, 2008

My verjaarsdag ontbyt

'n Mens word ook elke jaar ouer en Saterdag die 2de was weer my beurt om te verjaar!!! Het eintlik 'n baie rustige dag gehad. Dit raak seker maar so as jy ouer word???

Die oggend het 'n paar vriende oorgekom vir ontbyt. Dit was by my ouers se huis in die Kaap(het vir die 1ste keer in 3 jaar by my ouers verjaar!!) Ons het tog te lekker gekuier en eet en was lekker om weer op te vang in almal se lewens. Daar op die platteland is vriende maar skaars en mis ek dit nogal BAIE...
Hier sommer 'n paar pics van die ontbyt.
Sommer net brode, skons, croissants en nagereg gehad!!
VLNR: Nicolet, Ekke, WP en Christoff
VLNR: Johnel, Ekke, Carla en Corlia
Sonika en Sas
Saam met Helmien, 'n skoolvriendin en my haarkapster!

No comments: