Monday, February 18, 2008

Metamorfose

Ons tuin het Saterdag 'n metamorfose ondergaan..Die Tuinman was 7uur al daar om vir WP te help vir die dag, want werk die was daar in oormaat. So het dit gelyk voordat die "groenvingers" in werking getree het.





En na 'n harde dag van swoeg en sweet is die eindresultate "not to shabby"...WP het 8uur die aand eers die gras gesny, want moes die middag weer gaan werk. Sy baas was Stilbaai toe en hy moes toe 'n bus gaan help langs die pad. Kom toe eers half7 by die huis en dan is jou hele dag mos sommer deurmekaar. Sy ouers het ook nog by ons geeet en sy ma sommer 'n paar plantjies saamgebring en WP nog geplant 8uur in die aand.

Lewer maar kommentaar wat JULLE dink van die tuin (nou moet ek seker inspring en begin blommetjies plant want dit lyk maar nog faal)..


Die braai is ook afgebreek soos julle kan sien. Hy het in die hoek gestaan waar padda nou staan. 'n Mens kon nie eers 'n rooster daarop sit so smal was die braai..











2 comments:

Natasja said...

Al daai harde werk was die moeite werd. Die tuin lyk pragtig!

Anonymous said...

Kan ek vir WP en daai tuin ingenieur van julle opvlieg hier na ons toe? Wens ons tuin het al so mooi gelyk!!