Zene raak al hoe ouliker en groei teen die spoed van lig (die klinieksuster het laasweek gesê dat sy is 2cm langer as die maksimum hoogte van haar ouderdom - so sy gaan haar pa se lengte kry).
.JPG)
.JPG)
Sy het 'n fasinasie met 'n honde mandjie. Sy is permanent in Bullet, my broer-hulle se varkhond, se mandjie en skreeu blou-moord as iemand haar probeer om daar uit te haal.
Nou wanneer sy by ouma en oupa kom kuier en haar knieë die mat slaan is die eerste ding waantoe sy kruip Junior se honde-mandjie...
.JPG)
Sy vermaak ons tog te lekker met dit en wanneer daar vir haar gesê word om te doe-doe, gooi sy haar kop neer in die mandjie en maak of sy slaap!!
Te cute vir woorde!!
No comments:
Post a Comment