Die Executive Bestuurders van Arabella het 'n spitbraai gehou en ek was baie geëerd om ook genooi te word. Ek was 1 van die min 2nd's soos ons genoem word (Assistant Managers) wat genooi is.
Dit is Vrydag die 23ste Jan gehou by Herman(My manager) se huis in Kleinmond. Hulle het die spit by die hotel geleen.
Dit was nogal 'n heel gesellige aand en verbasend lekker gekuier. Dit was eintlik die eerste keer wat ek saam met hulle ge-social het. Hulle ken mekaar al 'n bietjie beter want die Exec's hou gereeld cocktails en get-togethers..
Die alleen terugry was net nie lekker nie...
Ons security manager, Chris Bruyns (in rooi) en ons General Manager, Christoph Leinberger
VLNR: John Bumpstead (Golf Director), Herman Mostert (Financial Manager), Harry Thomas (Front Office Manager) en Chris Bruyns
Die manne sny die spit
VLNR: Hilary (HR manager), Angelika (GM PA), Harry Thomas, Ragheema Carelse (Reservations Manager), Ekke, Rene Le Gros (Assistant FO Manager), Bhavinee (Spa Manager) en ons General Manager wat gehug word deur John Bumpstead se vrou...




1 comment:
Jislaaik hoe water my mond nou vir 'n stukkie spit vleis! Julle lyk na 'n lekker klomp, nice mense :)
Post a Comment