Aan al my getroue blog vrinne:
Ek is so jammer vir die blog droogte van die afgelope 2 maande. Ek weet dit is die laaste ding wat 'n mens moet afskeep maar het net eenvoudig nie uitgekom om op die internet te speel nie...
Die rede hiervoor was die voorbereiding, besoek en navrae van ouditeure!!
Ons het Desember werks jaareinde gehad en die afgelope 2 maande was daar 'n paar laat aandjies by die werk deurgebring. Maar hulle is weg, en dit het ok gegaan as 'n mens dit vergelyk met verlede jaar se oudit. Hulle bel nog knaend, maar hulle is darem nie meer permanent in 'n mens se kantoor of om jou rond nie.
Ek kry eintlik ouditeure oor die algemeen by jammer, want dit is 'n werk waar jou kliente nie eintlik van jou hou nie. Almal probeer jou "duck and dive" en niemand wil jou altyd dadelik help nie. Ons ouditeure was eintlik nie so bad nie, en begin grappies maak na 'n week hier.
Wel, hulle is weg en ek het so te sê weer 'n lewe..so julle sal gou van my hoor!!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)




1 comment:
Dis jaar is net hectic. Sien uit om gou weer van die omgewing te lees.
Post a Comment