Wednesday, January 7, 2009

Oukersaand = Geskenke!!

Elke jaar word daar gesê dat volgende jaar moet daar minder persente onder die boom wees, maar elke jaar is dit maar net dieselfde storie...persente, persente en nogmaals persente!! Maar 'n Kersboom kan mos nie sy ware kleure wys as dit nie toegepak is onder die pakkies nie. En hierdie jaar was dit weer so! Neem in ag dat hierdie persente is slegs vir 10 mense....



Hulle sê mos ou mense is net soos kinders, en ai hoe waar is dit darem nie. My ouma het al van 8uur die aand gevra wanneer gaan ons dan onder die boom sit en pakkies uitdeel? En toe die pakkies uitgedeel word, word daar nie gewag nie en skeer sy sommer dadelik haar pakkies oop van nuuskierigheid. Sy was meer opgewonde as my niggies oor haar persente!!Ek kan nou nie lekker onthou hoekom my ma so lekker gelag het nie maar dink dit was vir my ouma..

1 comment:

Natasja said...

Dit lyk of julle 'n heerlike kersdag gehad het. En flippit ja, daar is baie geskenke! Maar aan die anderkant, dis mos net een keer 'n jaar kersfees :)