Die slaaie: Aartappelslaai, die HEERLIKSTE hoenderslaai, beet, wortel&kool slaai en slaphakskeentjies. Die stokslaai (hieronder) het ek en WP gemaak!!
Die poedingtafel..mmm
Zene het die Barney by Tannie Suzaan gekry en die groot lappop langs haar van Ouma Alida
Oumagrootjie met Zene
Mamma en Zene
WP het met haar in die water gespeel - sy het dit verskriklik geniet!!
Al die vrouens van die dag!!!
En die mans....
2 broers en ma: Oom Frans, Ouma Dalena en my pa
Die 4 Immelman kinders - ons kon nie 'n stil foto kry waar hulle nie almal gelyk praat!!!!
Die Immelman's met al die ''aangenaaide lappe" soos my ouma sĂȘ
Die 4 bloedniggies saam met ouma: Ekke, Danelle, Ouma, Rozelle en Carliza
Al die niggies en nefies saam met ouma
Al die niggies en nefies met elkeen se ''aangenaaide lap" - kyk vir Zene op my broer se skoot!!
Die 5 bloedneefs - Ouma was heel verspot en afgegly tot op die mat...en sy het self weer opgestaan!!!




2 comments:
Lyk na 'n lekker familie saamtrek. Die geskenkie oopmaak Ou Kersaand het ook na groot pret gelyk.
JOH!!! Wat 'n voorreg om jul almal bymekaar te kon gehad het. Lyk na hope pret! Hoop gaan sommer voor die wind daar by jul in Caledon!Sterkte vir als! S
Post a Comment