Monday, December 15, 2008

Plaaslewe op Greyton

Ek is in die bevoorregte posisie om nou een van my beste vriendinne ook in die Overberg te hê. Lize-Mari en Gert het begin November na Greyton getrek. Hulle bly vir eers op die dorp maar het 'n plaas so 9km van die dorp gekoop waar hulle met beeste, appels en pere boer. Die rede hoekom hulle nog op die dorp bly is omdat die plaashuise gerestoureer word aangesien hulle in die 1700's gebou is!!

Hulle nooi ons toe Sondag die 30ste November vir 'n heerlike braai op die plaas. Corlia en Werner, en Ruan het ook deurgekom vir die kuier op die plaas.
Dit is so rustig en stil 'n mens hoor tot die bobbejane in die berge skreeu

en sien die bokkies spring!


Na ete het ons 'n ent gaan ry (meer gaan 4x4, omdat daar redelik skade op die plaas was met die vloede) en 'n ent gaan stap na 'n waterval. Dit was omtrent nou paadjies op en af maar was pragtig en die waterval was net so mooi!!
Terug op die dorp het ons gaan milkshake en koffie drink by 1 van die vele coffee shops!!

Dit was 'n heerlike dag met leka gesels met ware vriendinne!!

1 comment:

Natasja said...

Dit lyk heerlik daar op die plaas! Julle wil seker elke naweek gaan kuier :)