Donderdag die 4de Desember het ons Bybelstudie groepie van Caledon ons afsluit Kersete gehad. Dit is gehou op Johan & Elize se plaas so 13km buite Caledon. Ons het 2 potjies gemaak met rys en vir poeding was daar die tradisionele Trifle!!
Ons het lekker gekuier so op 'n weeksaand en moes vir 'n hele paar vriende ok koebaai sĂȘ wat Caledon verlaat aan die einde van die jaar!
Dankie julle vir 'n baie lekker jaar saam met julle waar ons kon gedagtes uitruil, vir mekaar bid en omgee en sommer net die lekker koppies koffie Maandag aande. Hoop volgende jaar gaan dit alles oortref!!
Jannie(donkerblou hemp) en Johan was in beheer van die potjies
WP en Francois opserveer...
VLNR: Marchelle, Chirsty, Charlotte en Lisa
Ons het ook Kersgeskenkies uitdeel. Dit was groot pret en elkeen moes raai wie vir hom gekoop het. WP het die oulikste toolset gekry en ek 'n voorskoot vir die kombuis!!
Kersvader in alle glorie
Een van die potjies..
Al die meisies bymekaar..
VLNR: Liezl, Marchelle, Ekke, Lisa, Rhonalda, Charlotte, An-Mare, Chirsty, Elize en Jeanne
En die manne...
VLNR: Francois, Sam, WP, Johan, Jannie, Pieter, JP en Kobus




No comments:
Post a Comment