Tuesday, December 23, 2008

Arabella Kerspartytjie

Vrydag die 12de Desember het ons ons jaarlikse werks Kersparty gehou. Dit is gehou by Jimmy's Killer Prawns in Hermanus en 'n paar afdelings van die hotel het sommer saam besluit om te gaan. Dit was ons, die Finance team, die Reservations meisies, IT, HR en die Aankope&Store afdelings.Dit was heel snaaks om sonder WP uit te gaan in die aand en moes maar saggies half12 die aand terugsluip in die huis in....
Dit was heerlik en lekker om die mense vir 'n slag in ander klere te sien as die swart en wit pakkies wat ons dra..
Hier dan 'n paar foto'tjies van ons kuier

Ons Finance team - VLNR: Ekke(Accountant), Herman(Finansiele Bestuurder), Annamarie(Revenue Controller), Emile (Debtors), Rosemary(Cashier) en Cohan(Creditors)

Zenda, Emile en Patricia - Patricia is een van ons Switserse uitruilstudente

En die party begin opwarm...

Die stoormanne het hulle staal gewys met die danspassies!!


1 comment:

Sandra said...

Nie gedink daar is nog prawns oor nadat my manne die 10de daar geeet het nie. Lyk asof julle lekker partytjie gehou het :-).

Mooi wense vir julle vir 2009!