Wednesday, November 19, 2008

Robertson Vloed - 13 November 2008

Vir die van julle wat nog nie weet nie, ons het verlede week verskriklike reën gehad en 'n erge vloed in die Breërivier en Overberg distrik het ontstaan. Sekere boere het al hulle wingerd, graan en skape verloor. Dit is verskriklik om al hierdie skade te sien en kan net nie glo dat water so 'n magtige bron kan wees nie!!
Montagu Springs vakansie oord is ontruim en 80% van al die huise is of verspoel of heeltemal weggespoel. In Robertson is al die klein bruggies in die dorp verspoel en beskadig. Die foto's op Die Burger se webtuiste stroom in van al die boere en skere is nogal erg!!
Hier is 'n paar foto'tjies van Robertson wat deur WP se ouers geneem is en foto's van Montagu wat ek ontvang het.

Dit is 'n huis in die agtergrond. Hierdie oom het die mooiste tuin in Robertson en almal neem altyd hulle troufoto's in sy tuin. Maar met elke groot reens is daar water deur sy tuin en huis!!

Hierdie straatjie het ek elke dag van my lewe gery in Robertson...

Hierdie is 'n pad wat loop maar net die middel brug gedeelte het oorgebly. Die boere aan die anderkant is gestrand en moet nou 'n 4x4 roete ry om op die dorp uit te kom.

Montagu Springs vakansie oord

4 comments:

Sandra said...

Hoe lyk die skade daar op Greyton en Onrusrivier?

Suzaan said...

Ons was Sondag op Greyton, die grondpaaie is verspoel en die teer paaie is oopgebars. Op Onrus dink ek nie daar was veel skade...

Sandra said...

Dankie dan het ons seker net 'n jacuzzi in die sitkamer. Sal gaan loer op Greyton as ek vlg week in SA is.

Natasja said...

Liewe hemel! Dis darem baie erge skade daai. Ek kan net dink hoe hulpeloos daai mense moes voel terwyl dit net aanhou reën en reën en reën.