Die tradisionele tuinparty van Nerina was nog altyd 'n groot sukses met die 3jaar wat ek in die koshuis gebly het. En hierdie oggend was geen uitsondering nie. Die Reunie komitee het hulself oortref met die dekor, kos en geskenkies danksy 'n groot borg van Plascon.
Die eetsaal is omskep in 'n Chinese paradys en kon skaars glo dis dieselfde plek waar ek elke dag se etes geƫet het tydens my tyd in Nerina.

Chinese dames het geloop met Aarbeie en sjokolade om die smaakkliere so 'n bietjie te tem
Chinese dames het ons ingewag in die Chinese paradys


Die eetsaal - 'n Chinese paradys met die wonderlikste soetgoed wat daarmee gepaard gaan!!


Ons groepie van Eerstejaar 2000. Was nogal min van ons jaargroep...

No comments:
Post a Comment