Die naweek van die 12de tot die 14de September het ons Reunie gehou. Ons alma mater Stellenbosch koshuis, Nerina, word 40!! 'n Fees van gebeure sou oor die verloop van die naweek gebeur en alle ou stories, geheime, gebeure sou vertel word.
4 van ons vriendinne het besluit om die hele naweek mee te maak en was dit heerlik om weer 'n "girls weekend" te kon hĂȘ!
Die Vrydagaand het die koshuis ons verwelkom met skemerkelkies en snacks - van sushi, hoenderboudjies, broodjies, wraps te kies en te keur.
Na al die "Hallo's" en "Hoe gaan dit's?" en "Kan nie glo hoe jy lyk nie!" het al die dames deurbeweeg na die ontspanningsaal waar ons huisvergadering gehad het. Dit is geopen deur Mev Rabie, die 1ste inwonende hoof van die koshuis, en nou al 82 jaar oud!!
Stories is uitgeruil, daar is gedans(op die tafels), gesing ( met Adamsappel wat ons vermaak het) en sommer net lekker gekuier. Die huisvergadering het redelik vroeg verdaag sodat ons genoeg beauty sleep kon inkry vir die vroeg opstaan more oggend.
VLNR: Carla, Nicolet, Lize-Marie en Ekke




1 comment:
Oulike idee en dit lyk baie lekker!
Post a Comment