Monday, September 29, 2008

Greyton kuier

Sondag die 29ste September het ons bietjie by Gideon en Chandre gaan braai vir die dag. Dit was een van die 1ste sonskyndae van die lente en het heerlik in die son gebraai!!

Het heerlik gekuier met biltong, sjokolade, chippies en eers 5uur die middag gebraai omdat dit so 'n lekker sonskyndag was. Die kinders en die honde het hulle gate uit geniet. McGyver is glads saam genooi vir die braai omdat daar 'n maatjie vir hom was. 'n 4maande oue worsie wat hom leka opdraend gegee het. Hulle het gespeel dat die tonge glads op die gras gesleep het. WP moes vir M kom bad toe ons by die huis kom!!

Chandre het vir George 'n stuk drop gegee waaroor hy mal is - en dit is die prentjie as hy kla geƫet is!!

Weet nie wie dit meer geniet het op die wiel nie, WP of Christiaan??

No comments: