Thursday, August 21, 2008

Nommer 6

Hopelik is 6 vir my 'n gelukkige nommer want dit is die aantal kere wat ek al getrek het vandat ek terug is in SA begin 2006...

Oor 'n maand sal dit dan die 6de keer wees wat ek moet inpak, uitpak, wegpak en regpak. Jip, julle het reg geraai..Ons trek alweer!!!!

Ons het 'n oulike huisie gekry met 'n motorhuis en 'n toe erf vir McGyver. Die huis wat ons huidig in bly is te groot vir ons en daar is geen motorhuis vir WP om in te werk nie. Hy frustreer hom dood in die aande van verveligheid. En McGyver loop rond...

So nou is dit weer bokse in die hande kry, koerantpapier versamel en PAK..ugh...

No comments: