Ek wil vir al my getroue lesers omverskoning vra vir die blog droogte die afgelope tyd. Dit gaan baie besig by die werk en huis. Daar is soveel nuus en foto's om te vertel en wys dat ek nie weet waar om te begin nie. In hierdie inskrywing gaan ek maar net 'n kort update gee wat in ons lewens aangaan en dan sal die foto'tjies en vertellings volg.
Ek is al langer as 'n maand by my nuwe werk. Dit gaan heel goed, behalwe dat die boeke redelik deurmekaar is. Daar was te min personeel en daarom het alles agter geraak. Gevolgtrekking...ek is besig om van Januarie dinge op te dateer!!!
By WP se werk gaan dit ook goed, hy was so 2wke terug vir kursus op Caledon self en Malmesbury. Hy geniet dit vreeslik.
Ons is baie bly oor die besluit wat ons geneem het om Caledon toe te verhuis, alles werk net so goed uit en daarvoor kan ons net dankbaar wees want dis ons Pa daarbo wat so mooi na ons kyk.
Ons het 2 dope gehad intussen, Zene is een van hulle. Tog te dierbaar en pragtig gewees!!
Ek het laasweek nie te wel gevoel nie. Het so 3weke terug erg verkoue en brongitis gehad. Donderdag het ek so 'n pyn op my bors dat ek dit nie meer kon uithou nie. 4uur Donderdag middag is ek toe maar dokter toe, want 'n pyn op die bors speel die Immelman familie nie mee nie. My ergste verwagting(my hart) is darem toe nie bewaarheid. Ek het inflamasie in my rib kraakbeen agv die hoesery. Ek het dit al 'n paar maande wat ek die pyn op die bors kry as ek klaar geeet het maar my nie regtig daaraan gestuur nie. Ek is nou op 'n kursus cortisoon pille asook 'n slaappilletjie waaroor WP nie baie gelukkig is nie!!
Dis maar dit in die Louw huishouding - hierna sal al die lekker foto'tjies volg (hopelik binne die vlg dag of 2!!)
Subscribe to:
Post Comments (Atom)




1 comment:
Liewe hemel, jy moes omtrent gehoes en geproes het om jou rib kraakbeen so seer te maak! Sjoe, arme jy!
Dis altyd goeie nuus as mens sulke groot besluite neem soos werk en huis te verander en dan werk dit als mooi uit. Baie bly vir julle!
Post a Comment