Monday, June 2, 2008

1ste Dag

Julle het seker al gewonder wat van my geword het. Wel, was bietjie besig die laaste maand by die werk om alles afgehandel te kry en oor te handig aan die persoon wat my werk oorgevat het. Vrydag 30 Mei was my laaste dag by L&AF en was nogal heel hartseer. Die jaar en 5maande wat ek daar was het ek verskriklik baie geleer en bitter oulike mense ontmoet!!!

Wel, vandag was my 1ste dag by die Arabella Western Cape Hotel en Spa...Gesuite met swart broek, wit hemp en swart baadjie(regte hotel klere) is ek vanoggend gegroet. Ek is in die baie gelukkige posisie dat my baas, die Financial Controller, ook vandag nuut begin het. 2 mense is afgelope 2 maande weg. Die oggend het ons redelik spandeer saam met die HR hoof om deur die hotel te gaan en alles te sien wat gesien moet word en letterlik in detail. Was tot binne die kombuis en op die gholfbaan se green!!!! Dit het ons omtrent die hele oggend gevat met maandeinde wat in ons agterkoppe sit wat vir ons wag.

Gelukkig is die Financial Director daar van ons Kaapse kantoor wat uithelp met maandeinde want hoe kan hulle van ons 2 groentjies verwag om state more in te dien??

12 uur is ons af na die "Staff Canteen" waar ons 'n gekookte bord kos gekry het. Dit is elke dag se storie, maar ek weet nie of ek elke middag daar sal kan gaan eet want ek moet in elk geval vir WP kos maak in die aande en om 2keer groot te eet op 'n dag is net vir moeilikheid soek....die skaal loer al kla vir my

Die middag het ons maar met die FD spandeer en bietjie die Finansies bespreek. Ek het nog nie e-pos of rekenaar maar ek weet darem ek kry my eie kantoor terwyl meeste mense in 'n oopplan sit. Daar was darem 'n bekende gesig. Annamarie, sy was een van my HK as eerstejaar in Nerina. Sy is die Revenue officer.

Wel, 1ste dag was nie te bad...hoop dit is 'n aanduiding hoe die res van my tydjie daar gaan wees.

No comments: