Thursday, May 8, 2008

Blye dag

Al wat ek kan sê is PRYS DIE HERE!!

Half 10 vanoggend het ek die blye boodskap gekry dat ek werk het. Ek was gister vir 'n onderhoud by die Arabella Sheraton Hotel & Spa en hulle het my vanoggend laat weet dat ek die werk het. Ek is so opgewonde, my kleintoontjies krul eintlik om. Ek kon darem tussen die trane deur vir my ma se ek het werk..Dit is Assistent Rekenmeester pos.

En 'n uur later is ons huis uitverhuur. Ons het nou maar weer gesak met ons prys en toe staan die mense tou. En dis nog iemand wat ons ken ook, wat dit baie beter maak.

Alles is nou uitgesorteer, nou moet ek nog 3weke werk op Robertson en dan is ons volwaardige Caledonners...

Dankie vir almal se gebedjies wat vir my en WP nog regop hou want in sulke tye van nood raak 'n mens maar twyfelagtig in jou geloof maar nou het die Here al ons gebede verhoor en net weer vir ons gewys wat 'n volwaardige God hy is.

1 comment:

Sunita said...

Baie geluk met jou pos. Ek is so opgewonde vir jou en jul 2. Ek kom begin Aug so vinnig Kaap toe en sal seker daar in Caledon draai. Moet verseker bietjie kuier. S