Monday, April 14, 2008

Huis soek kom tot 'n einde...

Ons huis soek op Caledon het Vrydag aand tot 'n einde gekom.
Ons het 'n lieflike huis gekry en kan al die 1ste Mei intrek.(Gelukkig is die 1ste 'n vakansiedag en het ek sommer daardie hele week af!) Ek was die naweek by WP op Caledon en het Vrydag aand na die huis gaan kyk. Die oom en tannie bly aan die onderkant (hulle het die dubbel motorhuis omskep in woonstel). En nou verhuur hulle die huis bo uit. Dit is 'n 4-slaapkamer huis met 2 badkamers, sitkamer, TV kamer, studeerkamer, kombuis en waskamer. Ek en WP gaan wegkruipertjie speel in die huis!! En teen 'n redelike billike prys pm wat ons nie vir enige ander huis sal kry nie.

Nou moet julle net hard saam met ons bid dat ons huis in Robertson uit verhuur gaan word.

Ek gaan ook Woensdag vir 'n onderhoud by Sumaridge Wines in die Hemel & Aarde vallei. Dis tussen Caledon en Hermanus. Hou maar duime vas, want dis glad nie lekker so op my eie en wil so vinnig moontlik by WP aansluit op Caledon. Ek gaan al more-aand deur so ek sien darem my man die week!!!!

Ons het lekker gekuier op die plaas waar WP nou bly en McGyver het hom gate uit geniet tussen die skaapwolle en graspolle. Hy slaap nog aan een van gisteraand af. Daar is geen TV opvangs so ek en WP kon lekker kwaliteit tyd spandeer en oor al die besluite dink, praat en bespiegel. Hy het 'n verskriklike oulike huisie waarin hy bly.

Sal more die foto'tjies van die nwk opsit..

3 comments:

Anonymous said...

Great nuus, nou is julle ook Caledonner's! Het sterk duime vas gehou.. My broer-hul is ook mos nou in Caledon van London af en hulle sukkel net so om 'n huis te kry. Nou bly julle net om die draai - dis nou te se as ek nie in die UK is nie.
Groete vir julle twee'tjies!
Stephan

Sunita said...

Hi ouks! Ek's baie bly oor di huis kry! Great nuus. So stadig maar seker werk dingetjies ook uit ne! Baie sterkte vir Woensdag. Ek dink en bid vir jou Suz.
Go bid jul Caledonners!!

Suzaan said...

Steph, die huis is nogal naby aan jou ouers so kan lekker stap na hulle.WP al jou broer ontmoet een middag wat hy daar was. Het al ge-middagete ook by hulle...