Thursday, April 24, 2008

Goeie nuus of slegte nuus??

Wil julle die goeie nuus of die slegte nuus 1ste hoor??? Ag, kom ons begin sommer by die begin.

Saterdag 19 April
Dis ons trek dag. WP het my gister gebel om te sê die trek lorrie kom 9uur Saterdag oggend en ek het nog so te sê net die glase gepak. Ek moes Vrydag inderhaas afvat by die werk om te gaan pak. Vrydag-aand 11uur is ons kla gepak. Nog net hier en daar 'n paar dingetjies wat rondstaan. Die werk het op die ou end ingestem om 'n trek lorrie te stuur vir ons goed. Hulle vat toe natuurlik die goedkoopste en watter gemors. Die oom kom eers half10 Saterdag oggend op Robertson aan. En dit reën katte en honde!!!!! Die oom het 'n 3-ton lorrietjie wat oop is en net met seile toegemaak word. Dit was 'n gesukkel om in die reen die lorrie gelaai te kry. Na 'n hele paar uur besef die oom alles gaan nie op die lorrie nie. Ons weier toe dat hy moet terugkom en hy laat kom toe sy seun uit die Strand met 'n bakkie om die res van die goed te kom haal. En nogsteeds staan daar goed in my garage!!!! 3uur die middag is die omie daar weg, die lorrie gelaai se ek julle!!! Ons gaan eet toe vinnig ietsie want het nog skaars nat of droog oor ons lippe gehad van 6uur die oggend. Half 4 vertrek ek en WP met 'n pakkerasie in die 2 voertuie. Ek kan net regs van my uitsien die res van die vensters is toegepak!!! Na 'n uur op die pad en nog nie die lorrie ingehaal nie dink ons maar die oom het heel goed gery. Net na Riviersonderend gewaar ons die lorrie. Soos ek nader kom trap ek net rem en gooi "hazards" vir WP agter my. Die lorrie staan skeef oor die NAT pad, met voorwiele wal af. Op daardie moment voel dit of my hart gaan staan. Ek weet nie wat ek moet dink of voel nie. WP is briesend!! Die oom vertel die clutch silinder lek en het geen clutch nie. Hy probeer die lorrie toe omdraai om te "running start" bult af maar beland toe met sy voorwiele wal af. Om 'n lang storie kort te maak, ons arriveer half 8 die aand op Caledon. Niks is darem beskadig (of sover ek weet, want mos nog nie uitgepak nie). Die oom is uitgetrek deur 'n ander verbygaande lorrie wat gestop het (Baie nice!!) en vandaar ry die lorrie'tjie tog te heerlik op sy eie tot in Caledon (met stukkende clutch en al). Ons dink die oom het aan die slaap geraak.....Al ons meubels staan nou in 1 vertrek in ons huis wat ons gaan huur. Dit was 'n ervaring wat ek nie sommer gou wil oor hê!!!

Maandag 21 April
GOEIE: My onderhoud op Stellenbosch het heel goed verloop en hulle my gister gekontak dat ek op die kortlys is. Hulle sal my laat weet wanneer die 2de onderhoud is. Bietjie goeie nuus!! Dit is toe nie by Stargrow soos ek vroeër vertel het nie, maar by Bathrooms4U. Hulle het takke in Hermanus, Gansbaai en Stellenbosch.

Woensdag 23 April
SLEGTE: Ek was gister so down en die dag het my net onder gekry. Die mense wat kontrak geteken het om ons huis te huur het gebel om te sê hulle kan nie meer die huis vat weens finansiele probleme. Nou sit ons weer by Straat nr 1 en die huis reeds leeg!!!! Nou adverteer ons maar weer.

Ek bly op die oomblik by my skoonouers. Hulle bederf my in die afgrond, kry pap in die bed, broodjies word vir my ingesit ens. Ek gaan more na werk deur Caledon toe en is dan vir die hele week daar. Het vlg week bietjie af. So ek sal nou bietjie stil wees vir 'n week, maar dan behoort ek baie nuus en foto'tjies te he vir julle!!!

3 comments:

Natasja said...

Liewe hemel vrou! Ek sou dit nie kon oorleef as my meubels halfpad in 'n sloot gelê het nie. Het die omie iets gesê na hy rustig (met 'n clutch!) verder gery het? Of het hy maar gehou by sy storie?

Ek's seker julle sal 'n nuwe huurder kry vir die huis, want jy het mos laas vertel hoe die mense "tou staan" vir julle plekkie.

Hou moed!

Suzaan said...

Ek moet se, dit is 'n ervaring wat ek nie gou wil oorhe nie.Hy hou by sy storie, en vra nogal vir ons of ons tevrede is!!Can you believe that??! WP het hom goed vertel of hy tevrede sal wees as hy nie al sy meubels het nie en die wat hy wel getrek het wal af gestaan het...

Anonymous said...

Hi Suzaanie en Wp, dankie vir jou updates en dat ons kan sien hoe dit gaan. Jy moet vasbyt hoor. Dinge sal uitwerk. Vat net een dag op 'n slag.
Laat weet ons oor die Stellenboch pos. Baie sterkte daai kant en bid vir julle. Mag Jesus jou vashou in die holte van Sy hand. Dink aan jul. S&S