Wednesday, January 23, 2008

Ons trek - UITEINDELIK!!!

Was dit nou 'n blye dag in my en WP se lewens - dat ons uiteindelik kan trek in ons nuwe huis. Kortliks wil ek net vertel watter affere dit was om tot hierdie dag te kom...

Ons het mos toe Huis nr 2 gekry, moes 'n klein deposito inbetaal waarvoor ek en WP bitter hard gespaar het die afgelope 3maande. (En nou niks van oor het nie)...Die huis is toe die 7de Desember op ons naam geregistreer. Baie opgewonde sms ons die tannie wat in die huis bly om te vra of ons vroeer kan intrek as die einde van die maand.
Sy was net 'n huurder en sy kom in die plek waar ons gebly het dws ons "swop" net.
Ons wil toe die naweek van die 16de Des trek, dis 'n langnwk so lekker tydjie om uit te pak en in te settle. Maar dink julle die tannie wil trek nadat sy op 2 geleenthede vir WP en sy pa gese het dat ons moet net se as ons wil intrek. Om 'n laaaaang storie kort te maak, en baie trane en harde woorde later het ons by prokureurs gaan draai om haar uit die huis te kry. Die wet was ongelukkig nie aan ons kant nie(sy het 2mnde huurkontrak wat haar beskerm) en was sy aspris en trek toe op die oujaar!!!

Ons het al 6uur die oggend opgestaan om die laaste dingetjies gepak te kry, want soos ons uit moet die tannie weer in. Dit was 'n bitter warm dag en het liters koeldrank uit gedrink. 10uur was ons heeltemal uit die huis en darem al by die nuwe huis. Maar mens, moes ons skoonmaak..sy het 'n bediende gehad wat die huis "kamstig" die oggend skoongemaak het maar toe ons daar kom staan en was jy ruite. Die rooi stof en geel vlekke moes ons met skropborsels uitwas en afwas!!!

Die eerste ding wat my ma gese het was dat ek my bed moet opmaak en dit het ek ook gedoen. Ek moet baie dankie se vir skoonouers wat vir ons soooo gehelp het die dag. My ouers kon nie daar wees nie, want mamma het mos rugoperasie gekry en kon nog nie sit nie.

Teen die aand se kant is dit nog redelik deurmekaar en het omtrent vir my die hele week gevat om alles op hulle plek te kry. Dit was sooo lekker om al die trougeskenke uit te pak en te kan sien wat ons gekry het.

Ek post later foto'tjies van ons huis..

No comments: