Tuesday, January 29, 2008

Ons huis - Foto's

Hier is die langverwagte foto's van ons huisie..Hoop julle sal 'n redelike idee kan kry van hoe dit lyk.

Ons huisie - dis die "agterkant" van die huis.
Die voordeur sit aan die anderkant.
Ons kamer - Die Hoofslaapkamer
Die kaste is baie lekker - kan alle onverwenste dinge daarin pak!!
Die spaarkamer
Die badkamer - daar is ongelukkig nie 'n stort nie wat nie baie lekker is nie. Ons spaar maar nou geldjies om die badkamer sommer heeltemal oor te doen.
Die kombuis van een hoek
En van die anderkant...
Die TV/eetkamer - dis sommer alles in een...
Die tuin - dis gisteraand geneem toe dit al lekker donker was so kan nie eintlik baie sien. Wil eintlik nog nie dit wys want nog baie deurmekaar. Het Saterdag 'n tuinjong gehad maar hy het net aan die voorkant skoon gemaak.

2 comments:

Natasja said...

Julle huis is baie oulik! Jy's seker baie trots :)

Unknown said...

Julle huis lyk pragtig...ons moet beslis in die nabye toekoms 'n plan maak vir 'n kuiertjie...Lekker week!