Tuesday, January 29, 2008

'n Toevoeging tot ons gesin

WP was van Vrydag af baie geheimsinnig...eers is hy Vrydag-aand na Esther ('n vriendin van ons) want hy reel blykbaar 'n verrassing vir my. Saterdag-middag is hy weer na Esther toe. Ek verjaar mos volgende week...


Ons het Saterdag-aand sommer 'n klein "housewarming" gehad met 'n paar pelle. WP se toe dat dit iets vir die huis is wat ek Saterdag-aand sal kry.


Esther kom toe daar aan met die nuutste toevoeging tot ons huisgesin...Die pics se alles!!!




Sy naam is McGyver en was Saterdag 6wke oud. Hy's 'n worsie (maar daar is iewers 'n kruising)..Ek en hy was gister veearts toe om al sy nodige inspuitings te kry. Dis 'n baie oulike veearts en kan sommer sien hy is baie lief vir diere.

Hy hou ons baie uit die slaap want WP het hom al lekker bederf. Hy word nou deur die dag in die kombuis toe gesluit, maar ek dink hy maak die bure mal want toe ek gister by die huis kom hoor ek hom al tjank vanuit die kar. Maar hy moet maar gewoond raak aan alleen wees deur die dag!!

So ons heet vir McGyver welkom in ons huis (en op ons blog)

2 comments:

Natasja said...

Ek hou van die new look blog!

En die nuweling is te cute vir woorde!!! Sterkte met die laat nagte ;-)

Sunita said...

Hi jul! Dis so lekker om van jul te hoor en die blog te sien. Nou weet ons weer so bietjie wat in jul lewens gebeur.
Verlang vir jul baie. Die hondjie is beautiful.
Se vir skoonsus baie sterkte met die kraam. Go BIG tjommas en woel lekker aan daai kant!
Lief vir jul...Steph en Soes