Tuesday, January 22, 2008

Kersfees 2007

My eerste Kersfees sonder my ouers. Ja hierdie jaar is dit ons beurt by die skoonouers. Interessant hoe elkeen Kersfees op sy eie manier hou. Ons familie is gewoonlik almal saam, ouma, tannie, ooms, niggies en nefies kom almal Oukersaand en Kersdag bymekaar. Ons maak beurte jaarliks, 1 jaar is my ma'le by haar familie en die volgende by my pa se familie. Ons gaan die ook nou so doen.


Oukersaand was maar rustig en het so half 12 pakkies uitgedeel. Ons (die Immelman's) deel gewoonlik al 9uur want dan kan my klein niggie'tjies (en my ma) dit nie meer hou nie. WP was Kersvader en homself vermaak!!Dit was net 5 van ons (WP se ouers, boetie en ons 2) so die pakkies uitdeel het maar vinnig gegaan. Ons het 'n tuin graaf en vurk gekry vir ons nuwe huis met tuinhandskoene. Nou moet ek net die groenvingers kry vir die tuin..


Kersoggend is ons kerk toe en na die tyd het WP bietjie die ou tannies in die straat vermaak met ons Kersvader pak. Hy het ook klein dogtertjies laat huil...
Die middagete het ons natuurlik onsself weer oortref met ooreet, ons het kouevleis en slaai gehad met triffle vir nagereg. (Dit wyk darem nie te veel af van hoe ons dit doen).. Kersdag het gereen en gereen en gereen so dan anders as om lekker onder die kombers in te kruip en 'n middagslapie te vang. En dan wanneer jy wakker word weer te eet...

(Die werk blok my om foto's op te laai so sal op latere stadium die foto's opsit)

No comments: