Wednesday, May 9, 2007

Money makes the world go round

Ek weet nie wie dit nog ervaar saam met my, maar daar is altyd kwessies in 'n mens se lewe oor geld..as jy nie geld het nie kan jy niks doen nie, jy kan niks koop nie. In die koerante en tydskrifte gaan dit altyd oor wie het die meeste geld, wie is bankrot, wie is die hoogs betaalde man/vrou ens ens..Weereens beleef ek hierdie kwessie in ons huis van geld. Ons is besig om troue te reel, en ja dit kos baie geld. Almal probeer 'n mens uitbuit net omdat jy gaan trou. Selfs die kerke maak deesdae geld uit 'n troue??!

Waar gaan dit eindig?? Ek en WP staan op 'n punt in ons lewe wat ons moet besluit wat volgende. Gaan ons aan karring soos nou en net lewe van maand tot maand of gaan ons die groot stap neem om London toe te gaan om geld te gaan "maak". Hierdie is ook 'n ou gesegde siende dat ek reeds 2jaar daar was en ook gegaan het met die idee dat ek gaan geld "maak". En toe die toergogga byt is die koeel deur die kerk....

Bid asb saam met my en WP sodat ons die regte besluite sal maak en nie oorhaastig in 'n ding sal inhaas nie..

No comments: