WP was gister vir sy paspoort en ons gaan die naweek na reisagentskap om dinge uit te kyk. Hy kan aansoek doen vir sy Working Holiday maar omdat ek alreeds myne gebruik het sal ek vir 'n Highly skilled moet aansoek doen. Daar is baie streng vereistes aan hierdie visa (http://www.ovc.co.za/sync.asp?filename=HSMP). Daar is nog nie 'n woord gerep oor hierdie moontlike besluit aan albei ouerpare so dis nog 'n berg wat voorle....
Ek het 'n vriendin wat saam met my in London was gevra wat sy sou doen en hier is haar antwoord..Dankie Carla..
1. Ek sal dit definitief oorweeg om weer oorsee te gaan werk (veral met die huidige toestand van die land). Maar ek sal persoonlik nie weer terug gaan Londen toe nie as ek die opsie het om na 'n plek soos Amerika of Australie te kan gaan. Maar ek verstaan dat WP nog nie daar was nie en dat jy vir hom wil gaan wys waar jy gewerk en gebly het.
2. Hoe lank wil julle gaan? Sien jy kans om werksgeleenthede in SA op te offer vir geld en toere. Persoonlik is ek baie gelukkiger in SA met die werk wat ek doen, en voel ek of daar meer purpose in my lewe is, meer gefokus en gedrewe. In Londen het ek maar mind-numbing werk gedoen, iets wat ek definitief nie weer sal doen nie!
3. En dan weet jy ook self hoe moeilik dit partykeer is vir plattelandse manne om in 'n plek soos Londen aan te pas. Kyk na Johan, hy was die perfekte voorbeeld. Die eerste 3 maande is lekker en exciting en dan begin hulle ruimte soek. Miskien moet julle dink aan 'n Skotland of plekke soos waar Karen gebly het, weg van Londen se middestad.
4. Ek is gesettle, goeie werk, lekker huisie, naby my ma-hulle, al my vriende, so vir my sal dit nou moeilik wees om weer op te pak en weg te kom net om weer oor 2 jr terug te kom en van vooraf te begin. Ek dink as ek en Philip sou oorgaan (en ons het al daaroor gepraat) sal dit verewig wees.
5. Vir my gaan dit ook oor my ma-hulle, ek kan sien hoe hulle ook elke dag ouer word en dis nou die tye wat ek die lekkerste saam met hulle kuier en wat vir my die kosbaarste is. Sal vir my moeilik wees om dit op te offer.
6. Jy weet daar is nie iets soos vinning geld maak nie, selfs in Londen. Julle sal ten minste 2 of selfs meer jare daar moet bly om dit die moeite werd te maak.Bid asb saam met my en WP dat ons regtig die regte besluit sal maak...




4 comments:
Jong, dis 'n groot besluit om te maak. Maar uit persoonlike ondervinding kan ek jou sê dat om Engeland toe te gaan net goed kan wees. Ek en my man was vir 2 jaar in SA, en as ek ons lewensstandaard vergelyk met hoe dit nou is, is daar eintlik geen vergeleiking nie. In die Kaap en Engeland het ons 'n huis gehad om af te betaal, en 'n kar ook (in die Kaap was dit 'n Chico, en in Engeland is dit 'n Audi TT Roadster - so dit wys al klaar hoeveel beter Engeland is!) maar ons het nou steeds genoeg ponde oor om ons verband in SA ook af te betaal, EN ons gaan nooit in die rooi nie. Teen die einde van die 2 jaar in SA, was ons goed op pad na elke maand in die rooi leef. Ons is nou al 3 jaar hier, en dit is nog nie eens naastenby so nie. Onthou, Engeland is nie net Londen nie. Daar is baie areas waar julle kan woon wat platteland is (vir WP), maar waar jy met 'n trein sentraal Londen toe kan travel elke dag om goed geld te verdien. Best of both worlds. Die HSMP visa is mos nou bietjie meer ingewikkeld, so ek sou sê doen albei aansoek vir 'n Visa (Working holiday en HSMP) en as dit toegestaan word, is dit 'n teken julle moet oor kom. As een van julle dit nie kry nie, bly in SA. If it's meant to be it will be. En hoe gaan die Here vir jou wys waar Hy jou wil hê, as jy nie aansoek doen vir die Visa nie? Hy kan tog nie die visa uit die lug laat val nie! Maar as Hy nie wil hê jy moet dit kry nie, sal die aansoek afgekeur word. Ek hoop die bietjie advies help :)
O,ja nog iets. As julle getroud is, sal WP nie as 'n "Dependant" op jou HSMP kan oor kom Engeland toe nie? Dan is dit net een aansoek om oor te worry....
Dankie Natasja,
Dinge is aan die rol en wag net vir 'n vrou om my te e-mail van 1st Contact.Dit is baie baie geld,maar ons moet maar deurdruk en weet dat ons die geld wat ons nou gaan spandeer om daar te kom binne 2-3mnde gaan terugmaak.As alles goed gaan is ons middel November in London!!
Oh wow! So die besluit is gemaak?! Good for you! Exciting times ahead, nê? Jy kan ons lekker opdatum hou met die vordering deur jou blog, en eendag terugkyk daarop en vir jouself afvra "hoekom het ek soveel gestres - als het so mooi uitgewerk vir ons!" :-)
Post a Comment